LettersOpinion

Bethal-inwoners sukkel met kragonderbrekings

Bethallers moeg vir kragonderbrekings

Ek wil graag weer eens my ongelukkigheid uitspreek oor die Govan Mbeki Munisipaliteit.

Ons sukkel sedert November met gereelde kragonderbrekings wat soms vir vier dae aanhou.

Die afgelope drie weke is net so erg soos soos in November en Desember met daaglikse kragonderbrekings vanaf 11vm tot 5nm.

Dan moet ons hoor die kabels is gesteel.

Hoe steel ’n mens kabels helder oor dag?

Mense se vrieskaste en yskaste loop af.

Dis geld wat verlore gaan, geld wat sommige families nie het nie!

Klagtes word by die plaaslike munisipaliteit ingedien, maar absoluut niks gebeur nie.

Ek het die Call Centre by 017 631 0150 geskakel, maar daar is geen anttwoord nie.

Indien hulle antwoord, is daar geen rede waarom die krag af is nie en wanneer dit weer gaan aankom nie.

Vir my as inwoner van Bethal is dit totaal en al onaanvaarbaar.

Die klagtes is nie eenmalig nie.

Kragopwekkers is duur om te onderhou.

Almal kan nie wegneemetes bekostig nie.

Ons dorp gaan met vinnig agteruit.

Die krag is nie die enigste probleem nie, gaan kyk gerus hoe lyk die Nestlé-brug, dit is byna onbegaanbaar.

Dit behoort toegemaak te word.

Gee niemand meer vir Bethal om nie?

Michelle Viljoen, Bethal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button