
Ek het begrip daarvoor dat kiesers in goeie trou kon gedink het dat ons ’n sterk opposisie moet hê om ons teen beleidsrigtings van die ANC-regering te beskerm.
Die beleidsrigtings van die ANC is skadelik vir ons wat in die minderheid is.
Baie blankes, maar meer in besonder, Afrikaners, het gemeen die DA sou grootliks daardie rol speel.
Die DA is juis om dié rede deur Afrikaners tot ’n magtige opposisieparty uitgebou.
Die skadelikste beleidsrigting van die ANC waarteen die DA ons moes beskerm is regstellende aksie, ’n swart ekonomiese bemagtiging en grondhervorming (die heroopstelling van grondeise).
Dit word egter nou duidelik dat die DA hierdie opposisierol om minderhede teen rasgedrewe ANC-beleidsrigtings te beskerm, nie meer wil speel nie.
Inteendeel, die DA sê nou uitdruklik dat hulle die ANC wil bystaan en ondersteun om verskerpte regstellende aksie en die heroopstelling van grondeise toe te pas.
In ’n memorandum aan die DA-koukus stel portefeulje-komiteeverteenwoordigers oor grondregte van die DA dit in geen onduidelike taal: “The fundamental policy position is whether or not we support the re-opening of the claims window, we are emphatically on record that we do.”
Hierdie beleidsrigtings is skadelik vir minderhede soos Afrikaners, maar ook vir alle blankes.
Die vraag is: “Hoekom wil jy ’n party ondersteun en nog groter maak wat die ANC wil help om jou skade te berokken?”
Stem eerder vir die VF+.
Maak die VF+ groter en sterker.
Die VF+ onderneem om namens jou teen rasgedrewe regstellende aksie, swart bemagtiging en grondhervorming te veg.
Werner Weber, Secunda.



