LettersOpinion

Hoe kan mense skoolklere bekostig?

Kan iemand help met tweedehandse skoolklere?

Ek het vanjaar ’n verhoging in my pensioen gekry en was baie opgewonde om my kinders te help om die vier kleinkinders se skoolklere vir die winter te koop.

Min het ek geweet wat dit alles kos.

Ek het nie besef die skoolklere is al so duur nie.

Hoe kan enigiemand dié mal pryse bekostig?

Die skole buit die arme ouers uit.

Nou verstaan ek vir die eerste keer waarom my dogter altyd sê daar is nie geld vir nuwe skoolklere nie en ook waarom sy altyd na tweedehandse klere kyk om te koop.

Wat ek wil weet, is hier nie iemand op Secunda wat tweedehandse skoolklere het wat dit wil verkoop nie?

Die klere is vir een seun in Hoërskool Oosterland, een seun in Laerskool Secunda en twee dogters in Laerskool Secunda.

Ek sal dit baie waardeer as iemand my kan help.

Oumie, Secunda.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button