LettersOpinion

Oom Tat se familie groet met seer harte

Oom Tat se kleinkinders onthou hom as ’n oupa wat altyd tyd gehad het vir pret en ’n bietjie stoutwees saam met die jonges.

Oom Louis (beter bekend as Tat) Badenhorst is Sondag in die ouderdom van 75 jaar ná ’n siekbed van vier jaar oorlede.
Oom Tat is in Ermelo gebore en het hier grootgeword en skoolgegaan.
Hy was 55 jaar lank met tannie Anna getroud.
Oom Tat se kleinkinders onthou hom as ’n oupa wat altyd tyd gehad het vir pret en ’n bietjie stoutwees saam met die jonges.
Hy het sy volwasse lewe lank op ’n myn gewerk en nadat hy afgetree het, graag gehengel en geskiet.
Sy familie onthou hom as ’n gesinsman wat sy familie heg bymekaar gehou het.
Oom Tat word oorleef deur sy kinders, Margie en Antoinette, kleinkinders Natasha, Lunette en Louis, en vier agterkleinkinders, Lou-Anne, Milaika, Lance en Mark-Louis (Flash).
Die familie bedank elkeen vir die telefoonoproepe, SMS’e, boodskappe en bystand.
’n Begrafnisdiens vir oom Tat sal Vrydagoggend om 11:00 in die AGS Kerk deur past. Du Plessis gelei word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button