Sport

Standerton Coffin Dodgers klop Bethal span

Standerton se Coffin Dodgers het die afgelope naweek met die span van Bethal afgereken toe hulle hierdie ronde van die liga gewen het.

Die Lombard-egpaar, Nico en Patricia, was die wenners, met 52 punte, van die Betterball Scramble Drive die afgelope vakansiedag.

Theuns Adendorff en Dries van Vuuren het tweede met 51 punte geëindig.

Derde was Aldo Arnaldi en Nic Momberg met 49 punte, op ‘n uittel.

Fanie Botha en Deon Grimsell was vierde met 49 punte.

In die vyfde plek was JC Ritchie en Steven Schnetler met 46 punte, op ‘n uittel.

Johan van Staden en Jaco Sutherland het sesde met 46 punte geëindig.

Naaste aan die pen op putjie 2/11 was Van Staden, terwyl Louis Gravett naaste aan die pen op putjie 8/17 was.

Momberg, Johan Brink, Rowan Brink (2), Van Staden, Sutherland, Gravett, Attie van der Westhuizen (4), Jacques Ferreira (2), Johan van Rensburg, Gert du Preez, Van Vuuren, Adendorff en Ritchie het almal spog-twee’s behaal.

Botha en Grimsell het die boerpot gedeel, wat op putjies 7, 9, 13 en 17 bepaal is.

Die afgelope Saterdag se Bonus Bogey kompetisie is deur Brendan Geyser met ‘n +5 gewen.

Johan Brink was tweede met +4, asook ‘n spog-twee, en Du Preez het +3 verwerf.

Attie van der Westhuizen was vierde met ‘n +1.

Joré Nortjé was vyfde, ook met +1.

Op die 11de putjie het Leon van Niekerk ‘n kolhou geslaan.

Van der Westhuizen het weggestap met die boerpot wat op putjies 3, 6, 14 en 18 bepaal is.

Standerton se Coffin Dodgers het die afgelope naweek met die span van Bethal afgereken toe hulle hierdie ronde van die liga gewen het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button