SECUNDA – Die Sapphires- en die Sublime-span het Maandag, 14 April kragte gemeet in die binnenshuise netballiga by Lake Umuzi.
Die Sublime-span het die Sapphires met 43-25 geklop.
Die Underdogs en die Disco Ninja’s het Woensdag, 16 April teen mekaar te staan gekom en die Underdogs het die wedstryd met ’n telling van 46-13 gewen.
Spanne ding weer vandeesweek teen mekaar mee en die Hot Rods en die Intoxicated-span het Dinsdag, 22 April teen mekaar kragte gemeet en die Puss & Boots-span en die Disco Ninja’s speel Woensdag, 25 April teen mekaar, terwyl die Disco Ninja’s Vrydag, 25 April die Sapphires die stryd gaan aansê en die Purple Frogs- en die Puss & Boots-span meet ook Vrydag kragte.
Dié binnenshuise netballiga sluit op 10 Mei af en die nuwe liga begin op 26 Mei.
Die sluitingsdatum vir spanne om vir die nuwe liga in te skryf, is 17 Mei.
Me. Adelle Grové, organiseerder van die binnenshuise netballigas, reël ’n Fast Five Netballiga wat vanaf 12 tot 16 Mei by Lake Umuzi plaasvind.
Inskrywingsgeld is R120 per span en me. Grové het belangstellendes genooi om vir dié liga in te skryf.
Vir meer inligting, skakel haar by 072 262 4634.



