Local sportSport

Vroue ryg pryse in by opedag

Opedag vir vroue was suksesvol.

BETHAL – Die plaaslike gholfklub het Saterdag, 12 April ’n opedag vir vroue aangebied en vroue kon in die A-, B- of C-afdelings deelneem.

In die A-afdeling het Patrizia Lombard (Ermelo) 86 punte aangeteken, Elsa Loubser (Witbank) 88 punte en Megan Dickson (Middelburg) 89 punte.

In die B-afdeling het Elandi Klopper (Bethal) 91 punte gehad, Eugenie Birch (Graceland) 96 punte en Fienie Siebrits (Walkerpark) 96 punte.

In die C-afdeling het Lizzie Kriel (Walkerpark) 39 punte aangeteken, Tokkie Reynecke (Graceland) 39 punte en Chantal Pieterse (Tweefontein) 36 punte.

Me. Melanie Jansen van Noordwyk, kaptein, het die borge en die spelers wat gehelp het om dié dag ’n sukses te maak, bedank.

Die klub bied op 5 Julie ’n geldinsamelingdag vir die Suid-Afrikaanse Vroue Gholf aan.

Die opedag vir mans vind op 26 April plaas.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button