SECUNDA – Netbalspanne het weer kragte gemeet in die 12de week van die binnenshuise netballiga by Lake Umuzi verlede week.
Die Hot Rods het die Intoxicated-span met ’n telling van 71-23 geklop.
Dié twee spanne het Dinsdag, 22 April kragte gemeet.
Die Disco Ninja’s en die Puss & Boots het Woensdag, 23 April teen mekaar te staan gekom en die Puss & Boots-span het die wedstryd met ’n telling van 51-15 gewen.
Die Disco Ninja’s het Donderdag, 24 April met die Sapphires kragte gemeet en die wedstryd met ’n telling van 27-25 gewen.
Die liga duur vandeesweek voort en die Intoxicated-span en die Disco Ninja’s het Maandag, 28 April teen mekaar gespeel en die Intoxicated-span speel Woensdag, 30 April teen die Silent Assassins.
Dié liga sluit op 10 Mei af en die nuwe liga begin op 26 Mei.
Die sluitingsdatum vir spanne om vir die nuwe liga in te skryf, is 17 Mei.
Me. Adelle Grové, organiseerder van die liga, reël ’n Fast Five-netballiga wat vanaf 12 tot 16 Mei by Lake Umuzi plaasvind.
Belangstellendes is welkom om vir dié liga in te skryf.
Die sluitingsdatum is 2 Mei.
Vir meer inligting, skakel me. Grové by 072 262 4634.



