BETHAL – Bethal Bears Krieketklub het onlangs hul jaarlikse prysuitdeling by Hoërskool Hoogenhout se lapa aangebied en terselfdertyd afskeid van George Plowman geneem wat na jare sy kolf neerlê.
Hy het ook meeste van die hoofpryse ontvang.
Plowman is as die speler van die jaar aangewys, asook die beste kolwer, die beste bouler en die veelsydigste speler.
Hy het ook merietetoekennings ontvang vir 4 000 klublopies en sy insluiting in die Mpumalanga-span dié seisoen.
Ander pryse het gegaan aan Lungelo Mtshali (nuweling van die jaar), Siyabonga Mtsweni (beste veldwerker), BG Spangenberg (bevorderste speler) en Liam Korf (waardevolste speler).
Phakiso Mohale het die krieketgeesbeker ontvang.
Merietetoekennings het gegaan aan Neil Parsons vir 3 000 klublopies, Jean Greyling vir 1 000 klublopies en Andre Ponting vir 50 klubwedstryde gespeel.
Plowman, Derick Diedericks en Louw Coetzer het erelidmaatskap ontvang vir al die jare se opofferings en betrokkenheid by die klub.
“Ons bedank die spelers en toeskouers vir hul bydraes en ondersteuning tydens die seisoen en ons glo dat die 2014/2015-seisoen ’n uitdaging gaan wees.”



