Fietsryers trap in Race of Grace
Jonk en oud geniet die Race of Grace-bergfietswedren buite Trichardt.
TRICHARDT – Brand du Plessis het die Race of Grace-fietswedren wat die Hervormde Kerk Trichardt-gemeente Saterdag, 3 Mei aangebied het, gewen.
Du Plessis se tyd in die 70km-afdeling was 2:32,41.
Jaco van Vuuren was tweede met ’n tyd van 2:32,42 en Adriaan Lambrect derde met ’n tyd van 2:39,15.
Iniel Hatting het vierde in die 70km-afdeling geëindig en sy tyd was 2:40,27.
Jan-Hendrik Stander was vyfde (2:43,36) en Wynand van der Berg sesde (2:45,18).
Gerhard Kotze was sewende met ’n tyd van 2:51,54, Eben Swart agtste met ’n tyd van 2:58,42, Francois de Jager negende met ’n tyd van 3:04,31 en Neil Viviers 10de met ’n tyd van 3:05,39.
Die eerste vrou oor die wenstreep in die 70km-afdeling was Wilmarie du Plessis met ’n tyd van 3:06,23.
Nadine Pretorius was tweede (3:28,27) en Estelle Britz derde (3:33,35).
Susan Pretorius was vierde met ’n tyd van 3:49,55 en Anina Bohmer vyfde met ’n tyd van 3:54,15.
Jandre Stander (15) was die eerste fietsryer wat oor die wenstreep gejaag het in die 35km-afdeling.
Sy tyd was 1:31,41.
Werner Behrens het tweede geëindig met ’n tyd van 1:33,04 en Ruan Wilcocks (16) het derde geëindig met ’n tyd van 1:38,14.
Willem Weber was vierde (1:39,53) en Hein Schmidt vyfde (1:40,6).
Dawid Wilcocks was sesde (1:42,19), Constant Coetzee was sewende (1:44,28), Andries Botha was agtste (1:48,43), Bennie de Bern was negende (1:48,9) en Johan Venter was tiende (1:52,57).
Marlie Viljoen (15) was die eerste vrou en ook eerste in haar afdeling in die 35km-afdeling.
Haar tyd was 2:12,38.
Hannetjie Pretorius was tweede met ’n tyd van 2:14,53, Janika Smit was derde met ’n tyd van 2:14,59, Rozelle Graaff was vierde met ’n tyd van 2:15,55 en Joanne de Beer was vyfde met ’n tyd van 2:18,40.
Johan Smit was die wenner in die 10km-afdeling met ’n tyd van 26 min 18 sek.
Johan van der Westhuizen was tweede met ’n tyd van 29 min 39 sek en Christian Hattingh (9) was derde met ’n tyd van 39 min 47 sek.
Jason Steynberg (11) was vierde met ’n tyd van 30 min en Sarel Wium was vyfde met ’n tyd van 30 min 22 sek.
Adeline Naude was die eerste vrou oor die wenstreep en was algeheel sesde met ’n tyd van 30 min 33s sek.
Sune Naude (17) was die tweede vrou en was algeheel sewende met ’n tyd van 31 min 22 sek.
Leoni Burger was die derde vrou en was algeheel agtste met ’n tyd van 31 min 42 sek.
Rozel Montgomery (14) was die vierde vrou en was algeheel negende met ’n tyd van 31 min 46 sek en Jean-dre Smit (13) het 10de geëindig met ’n tyd van 31 min 56 sek.
Die Hervormde Kerk Trichardt-gemeente bied jaarliks dié bergfietswedren aan en oud en jonk is welkom om deel te neem.



