SECUNDA – Van die laaste wedstryde in die binnenshuise netballiga het verlede week by Lake Umuzi plaasgevind en die Disco Ninja’s het Maandag, 28 April met die Intoxicated-span kragte gemeet en hul wedstryd 31-25 gewen.
Die Silent Assassins het die Intoxicated-span Woensdag, 30 April die stryd aangesê en 71/14 gewen.
Die Silent Assassins het net ses spelers in hul span gehad, terwyl die Intoxicated-span sewe spelers gehad het.
Die Silent Assassins en die Sublime-span het Maandag, 5 Mei kragte gemeet en hul uitslae sal volgende week gepubliseer word.
Die eindronde van dié liga vind op 10 Mei by Lake Umuzi plaas en die nuwe liga begin op 26 Mei.
Die sluitingsdatum om spanne vir die nuwe liga in te skryf, is 14 Mei.
Me. Adelle Grové, organiseerder van die ligas, het belangstellendes genooi om ook vir die Fast Five-netballiga wat vanaf 12 tot 16 Mei by Lake Umuzi plaasvind, in te skryf.
Vir meer inligting, skakel haar by 072 262 4634.



