Local sportSport

Bethal byt in die stof

Die eerstespanne het om 4nm aan die beurt gekom en Sasol het Bethal weer eens geklop met ’n telling van 39-18.

SECUNDA – Sasol Rugbyklub se eerste- en tweedespanne het Bethal Saterdag, 17 Mei geklop.

Dié twee spanne het op Sasol se tuisvelde kragte gemeet en die tweedespanne was eerste aan die beurt.

Hulle het om 2.30nm afgeskop en die eindtelling was 19-17.

Sasol se Spur Spelers van die Wedstryd was Tokozani Nhlapo (agterspeler) en Ty Stander (voorspeler).

Bethal se Spelers van die Wedstryd was Wouter Theron en PJ Labuschagne.

Die eerstespanne het om 4nm aan die beurt gekom en Sasol het Bethal weer eens geklop met ’n telling van 39-18.

Sasol se Spur Spelers van die Wedstryd was Steven Jacobs (agterspeler) en Ruan van der Merwe (voorspeler).

Bethal se Spelers van die Wedstryd was JZ de Jager en Johann Coetzee.

Sasol speel Saterdag, 24 Mei weer om 2.30nm (tweedespan) en 4nm (eerstespan) op hul tuisveld.

Hulle gaan teen Middelburg meeding.

Bethal speel ook Saterdag op hul tuisveld teen Emalahleni (Witbank).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button