Local sportSport

Bethal weet hoe om te wen

Standerton kry pakslae.

BETHAL – Die plaaslike rugbyklub se eerstepan het Saterdag, 7 Junie Standerton met 36-0 geklop.

Die tweedespan het hul wedstryd 24-15 gewen.

Die beste voorspeler vir die eerstespan was Johan Beeslaar en die tweedespan s’n was Martin Meyer.

Die beste agterspeler vir die eerstespan was Wian Buys en die tweedespan s’n was JP Hulbert.

“Albei wedstryde was baie hard, maar skoon rugby het geseëvier,” het die afrigter, mnr. Gerry Gendall gesê.

Wian Buys en Tommie Niemand van die eerstespan het twee keer ’n drie gedruk en Gerhard van Niekerk en Johan Beeslaar elkeen een.

Niemand het met een doelskop geslaag en Jacques Bruce met twee.

Puntemakers vir die tweedespan was Martin Meyer met twee drieë en FC Labuchagne en JP Hulbert met een drie elk.

Corne Gruyvenstein het met twee doelskoppe geslaag.

Die volgende wedstryd vind Saterdag, 14 Junie plaas en is ook die begin van die seniorliga.

Bethal Rugbyklub oefen Dinsdae en Donderdae vanaf 6nm tot 8nm.

Vir meer inligting, skakel mnre. Quintin Proudfoot by 076 542 0845 of Gerry Gendall by 071 689 7616.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button