Local sportSport

JP kan stoei

Stoei het JP met sy kroniese asma gehelp.

BETHAL – JP Louw (13), ’n leerling van Laerskool H.M Swart, stoei al vandat hy vyf jaar oud is.

Hy was met kroniese asma gebore en moes heeltyd kroniese medisyne drink.

JP het toe begin stoei en was binne twee jaar van die medikasie af.

“Stoei het my geleer om te wen en om te verloor en as dit moeilik raak, moet jy net vasbyt,” het JP gesê.

Hy het vir die eerste keer aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem toe hy 0/8 was en het ’n silwermedalje verwerf.

“Van alle Olimpiese sportsoorte, word stoei as die derde hardste sportsort beskou,” het sy pa, mnr. Bertus Louw, gesê.

Toe hy 0/9 was, het hy ’n goue medaje verwerf en in die 0/10-afdeling ’n silwermedalje.

Toe hy in die 0/11-afdeling getoei het, is die SA-titel weggeneem weens nuwe reëls en toe hy 0/12 was, het hy in die S0/13-afdeling deelgeneem en ’n bronsmedalje verwerf.

Hy het al verskeie Mpumalanga-titels gewen en ook aan die Big 5 deelgeem waar hy deel was van die seuns wat al vyf medaljes gewen het.

In sy vrye tyd speel hy rugby, leer en oefen vir stoei.

JP wil eendag na skool in sy pa se voetspore stap en gaan boer.

Daar word hard vir stoei geoefen twee dae per week.

“Ek het goeie vriende landwyd gemaak,” het JP gesê.

JP het sy afrigter, mnr. Hansie Kruger, wat drie jaar gelede Nelspruit toe verhuis het, bedank vir sy hulp en ondersteuning.

“Ek beveel stoei vir enige seun aan omdat dit jou liggaam bevorder en gesond hou.

Hy wil in 2016 aan die Afrika-toernooi en Junior Olimpiese Spele gaan deelneem.

“Daar word gesê dat stoei nie ’n sport is nie, maar ’n lewenswyse,” het hy gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button