Local sportSport

Netballiga skop weer af

Ondersteun spelers by Lake Umuzi.

SECUNDA – ’n Nuwe netballiga by Lake Umuzi het Woensdag, 4 Junie afgeskop en die Puss & Boots-span het die Shooting Stars met ’n telling van 34-16 geklop.

Ander spanne wat op 4 Junie kragte gemeet het, was die Underdogs teen die Jaguars en die Silent Assassins teen die Sublime-span.

Die Underdogs het die Jaquars met 60-14 geklop en die Silent Assassins die Sublime-span met 57-32.

Die E-Lemon-Nators-span het Vrydag, 6 Junie met die Jaguars kragte gemet en hulle met ’n telling van 38-25 geklop.

Die Buns & Guns-span het ook op dié dag teen die Silent Assassins meegeding en die wedstryd met ’n telling van 42-38 gewen.

Die tweede week van die liga het Maandag, 9 Junie begin en die Black Magic-span en die Fighting Hens het Maandag kragte gemeet.

Die spanne wat Woensdag, 11 Junie kragte meet, is die Tangy Fast Fires teen die Sublime-span en die Puss & Boots-span teen die Bethal Stingers.

Die spanne wat Vrydag, 13 Junie gaan speel, is die Underdogs teen die Shooting Stars en die Wolf Pack-span teen die E-Lemon-Nators-span.

Die wedstryde begin om 6nm by Lake Umuzi.

Vir meer inligting, skakel me. Adelle Grové by 072 262 4634.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button