Local sportSport

Hengelaars presteer

Die derde en finale liga vind ook by Trichardtsfonteind op 28 Junie plaas.

Standerton en Distrik Hengelklub het op 24 Mei aan die Suid-Oos Sub-Streek Liga by Trichardsfonteindam in Trichardt deelgeneem. In die seniorafdeling het Standerton A met 68 punte gewen, Secunda A was tweede met 56 punte en in die derde plek was Standerton B met 42 punte.

Riaan Ceronio het die grootste karp van 2,15 kg gevang.

In die vroue-afdeling het Standerton ook met 14 punte geseƫvier en in die tweede plek was Secunda met ses punte.

Zelda Human van Standerton het die grootste klipbaber van 0,185kg gevang, terwyl Simone Labuschagne, ook van Standerton, die grootste karp van 1,330kg vasgekap het.

Die derde en finale liga vind ook by Trichardtsfonteind op 28 Junie plaas.

Die volgende klubkompetisie geskied op 7 Junie vanaf 8vm tot 4nm by die klubwater by Grootdraaidam.

Skakel Louis Fourie by 081 365 88638 vir enige inligting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button