
SECUNDA – Die Black Magic-span en die Fighting Hens het Maandag, 9 Junie in die binnenshuise netballiga by Lake Umuzi kragte gemeet en die Black Magic-span het met ’n telling van 32-27 gewen.
Die Sublime-span het die Tangy Fast Fires Woensdag, 11 Junie geklop met ’n telling van 43-36 en die Puss & Boots-span het die Bethal Stingers in die stof laat byt met ’n telling van 58-28.
Die Underdogs en die E-Lemon-Nators-span het Vrydag, 13 Junie kragte gemeet en die Underdogs het die E-Lemon-Nators-span laat les opsê en die wedstryd gewen met ’n telling van 48-13.
Die E-Lemon-Nators-span het daarna nog ’n wedstryd gespeel teen die Wolf-Pack-span en dié keer het hulle in die stof gebyt met die Wold-Pack-span wat die wedstryd met ’n telling van 33-16 gewen het.
Die derde week van dié liga het Maandag, 16 Junie afgeskop en die Hot Rods en Silent Assassins het kragte gemeet en die Silent Assassins het met ’n telling van 53-24 gewen.
Belangstellendes is welkom om na die wedstryde wat weekliks op Maandae, Woensdae en Vrydae om 6nm by Lake Umuzi plaasvind, te gaan kyk.
Vir meer inligting, skakel me. Adelle Grové by 072 262 4634.



