Sport

Aldo en gholf is sinoniem

Hy was ook gelukkig om op St. Andrews in Skotland, een van die oudste gholfbane ter wêreld, te kon speel.

As jy Aldo Arnaldi (63) se huis binnestap en kyk na sy trofeekas, kan jy sien dat hy al vanaf 1970 as lid van die Standerton Buiteklub pryse inryg.

Aldo het in 1970 by Barclays Bank gewerk toe ‘n kollega hom gevra het om saam met hulle te speel en hy het gedink dat dit sou ‘n mors van tyd wees, maar het maar saamgesleep.

Op die vierde putjie was daar ‘n stok in sy hand gedruk en vir hom gesê “Slaan”.

Toe hy dit reguit met die eerste poging slaan, was die koeël deur die kerk.

Hy het sommer die volgende dag ‘n gholfstel gaan koop.

“Wanneer ek doodgaan, sal ek seker ophou speel.”

Hy het al die nettoliga, grossliga, seniorliga en die supersenioriga se titels by die buiteklub verower, en jy kan dit sien as jy na al sy bekers en medaljes kyk.

“My gunsteling vier-bal sal wees om teen Ernie Els, Tiger Woods en Rory Mcilroy op Standerton Gholfbaan mee te ding,” het hy gesé.

Aldo dink dat Standerton in die somer een van die beste bane in die omgewing is.

“In die winter is dit nie so lekker nie omdat die gras doodgaan.”

Hy was ook gelukkig om op St. Andrews in Skotland, een van die oudste gholfbane ter wêreld, te kon speel.

Aldo het al twee keer ‘n kolhou geslaan, eers in Pretoria-Wes en die ander een op Standerton in 2009.

” Dit was sommer reguit in die putjie,” het hy met trots gesê.

“Om goeie gholf te speel moet jy ‘n paar goed in ag neem,” het Aldo gesê.

Jou kop moet nie beweeg as jy slaan nie jy moet ook die regte houding hê, maar die belangrikste is egter om die stok reg vas te hou.

“Jy móét daagliks ‘n paar balle slaan of oefen, selfs by die huis, om te set.”

“As jy nie tyd aan oefening bestee nie, sal jy nie jou vaardighede ontwikkel nie.”

Aldo speel gholf net op Woensdae en Sondae en slaan nou en dan ‘n paar balle na werk.

Sy beste ronde gholf by Standerton was 67 en sy voorgee is tans 5. Gholf is nie die enigste sport wat Aldo al beoefen het nie, hy het selfs al ‘n paar Springbok-snoekerspelers laat skaam kry.

So indien jy dalk eendag vir Aldo vir ‘n potjie gholf of snoeker wil uitdaag, maak seker dat jy hom nie onderskat nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button