Oord bedank gemeenskap vir ondersteuning
Palm-oord Sentrum vir Bejaarders het op 27 September hul jaarlikse gholfdag by Bethal Gholfklub aangebied.
BETHAL – Gholfspelers het onlangs aan Palm-oord Sentrum vir Bejaardes se gholfdag deelgeneem en Sipho se span was die wenners.
B. Nkosi, M. Madonsela, N. Mahlangu en J. Magagula het tweede plekke behaal en C. Kruger, C. Fourie, K. Koen en P. van der Linde het derde plekke behaal.
Die oord bied jaarliks ‘n gholfdag aan om geld in te samel en om na die gemeenskap uit te reik.
Speelfooie het R175 per speler beloop en vir ’n vierbal (Texas-scramble) R600.
Mnr. Braam Bouwer, bestuurder, het die ondernemings en inwoners wat onder andere die putjies en pryse geborg het, bedank, asook diegene wat donasies gemaak het.
Mnr. Eugene Hartman van Hartmans Industrial Equipment en me. Annetjie van der Merwe (inwoner van Bethal) het elkeen R15 000 bygedra en was die hoofborge.
Groot pryse is gewen en byna elke vierbalgroep het ’n prys ontvang.
Die geld wat tydens die dag ingesamel is, gaan vir die opgradering van die ontspanningsgebied by die oord.



