Local sportSport

Marius bereik groot mylpaal

Marius is klub se beste verdediger vir seisoen.

BETHAL – Marius Herbst van die Bethal Rugbyklub is deel van die nasionale span wat op 3 en 7 Desember teen die Britse Leeus gaan speel.

Herbst is as die klub se beste verdediger vir die seisoen aangewys en as vleuel op Puma Platteland uitgedraf.

Intussen speel hy as heelagter vir die Bethal Broncos en as vleuel vir die Mpumalanga Panthers.

Die provinsiale span het onlangs 32-10 teen die nasionale Rhinospan op eMahlaleni (Witbank)verloor.

Die Broncos spog met twee spelers in die nasionale span en verskeie spelers in die provinsiale span.

Craig Vermaak (senter) is vir die Panthers gekies.

Die afrigter, mnr. Gerry Gendall, is trots op die spelers.

Vir meer inligting, skakel hom by 071 689 7616.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button