Johan blink uit by IPS-kompetisie
Altesaam 21 spelers het aan die toernooi deelgeneem.
Johan Brink het op 25 April die IPS-kompetisie by die Standerton Buiteklub met ’n totaal van 37 punte beklink.
Altesaam 21 spelers het aan die toernooi deelgeneem.
Deon Grimsell was tweede met 36 punte, terwyl Casper Roux derde was, ook met 36 punte.
Nick Momberg, Deon Grimsell, Malan van der Merwe, Dries van Vuuren, Frans Cronje en Hannes Vermaak het spog-twee’s behaal.
Aldo Arnaldi was die gelukkige boerpotwenner.
Die Ou-Toppies span het op 25 April op Standerton 6/0 teen Greenside van Secunda geseëvier.
Op dieselfde dag het die Netto-Ligaspan teen Piet Retief 4/4 gelykop op Piet Retief geëindig.
Theuns Adendorff en Cobie Coetzee het op 27 April die Twee Bal “Scramble” met ’n netto van 60 gewen.
Altesaam 28 spelers het deelgeneem.
Tweede was George Dunbar en Wessel van der Merwe met 62 en Andrew Harper en Wikus Fourie, met 62, was in die derde plek.
Adendorff en Coetzee het ook met die boerpot weggestap.
Skakel Wessel Maree, bestuurder van die klub, by 017 719 1123.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805





