Bethal klop die Tigers
Die Tigers se volgende wedstryd is op Saterdag, 30 Mei teen Kriel op Kriel, terwyl Bethal tuis teen Matla speel.
BETHAL – Bethal se eerste rugbyspan het Kinross se Tigers met 38-13 geklop.
Die twee spanne het op Saterdag, 23 Mei op Kinross kragte gemeet.
Volgens Jannie Burger, speler, was dit veral aan die begin van die wedstryd taai.
Die beste voorspeler van Bethal was Johan Beeslaar en die beste agterspeler Tewie Weldon.
Marius Herbst, Tewie Weldon, Dewald Stander, Graig Vermaak, Waldo Bothma en Jannie Burger was die driedrukkers, terwyl Waldo Bothma met vier doelskoppe geslaag het.
Die Kinross Tigers se speler van die wedstryd is Solly Vanneel.
Donovan Stander het twee strafdoele behaal, terwyl Niel Rademeyer met een doelskop geslaag het.
Ryno Muller het sy span se enigste drie gedruk.
Die Tigers se volgende wedstryd is op Saterdag, 30 Mei teen Kriel op Kriel, terwyl Bethal tuis teen Matla speel.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590




