Standerton Dekalb Rugbyklubspelers steeds positief na nederlaag
Albei Standerton Dekalb Rugbyklub se spanne moes op 23 Mei teen Sasol Rugbyklub die knie buig.

Albei Standerton Dekalb Rugbyklub se spanne moes op 23 Mei teen Sasol Rugbyklub die knie buig.
Die tweedespan het met 36-8 en die eerstespan met 62-8 verloor.
“Dit is ‘n groot verbetering van die vorige naweek,” het mnr. Jakes Coetzee, voorsitter van die klub, gesê.
“Die tellings lyk nie goed nie, maar dit is ‘n aanpassing om superliga te speel en die spelers moet net vasbyt.”
Hoewel die spanne verloor het is die spelers nog positief en sien na die res van die liga uit.
“Ons het dalk nie die diepte wat die groter klubs in die superliga het nie, maar ons leer elke wedstryd en dit kan net beter in die toekoms gaan,” het Michael van Vuren, kaptein van die eerstespan, gesê.
Voor die wedstryde begin het, het die klub hulle nuwe
truie uitgestal.
Twee truie is aan die hoofborg, Dekalb, oorhandig, terwyl mnr. Ben Vorster, ondersteuner van die jaar, ook ‘n trui ontvang het.
“Baie dankie, dit is ‘n voorreg om deel van die die klub te wees,” het hy met ‘n breë glimlag gesê.
“Ek trek dit sommer nou aan.”
Die klub ding op 30 Mei weer by Hoërskool Standerton teen Middelburg Rugbyklub mee.
Kom ons ondersteun die manne!
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805































































