Sport

Rugbywedstryde afgestel

Die wedstryde tussen Standerton Dekalb Rugbyklub en Middelburg Rugbyklub op 30 Mei is afgestel.

Die wedstryde tussen Standerton Dekalb Rugbyklub en Middelburg Rugbyklub op 30 Mei, is afgestel.

Volgens Middelburg Rugbyklub moes Standerton op Middelburg gespeel het oor ’n vorige wedstryd wat afgestel is.

Die bepalings dui egter aan dat Middelburg op Standerton moet speel.

“Volgens Middelburg het hulle gehoor dat Standerton nie meer daar gaan speel nie en daar was net sewe mense by hulle oefening Donderdagaand,” het mnr. Duncan Joubert, hulpafrigter van Standerton Dekalb Rugbyklub, gesê.

Volgens mnr. Jakes Coetzee, voorsitter van die klub, wou Middelburg met een span kom speel, maar daar is besluit om nie teen hulle te speel nie.

Standerton speel eerskomende naweek teen Loskop Rugbyklub op Groblersdaal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button