Inskrywingslyste beskikbaar vir Tarentaaltoernooi
Bethal Superspar en Tops is die borge en dit kos R120 om in te skryf.

BETHAL – Die jaarlikse Tarentaal Gholftoernooi by Bethal Gholfklub vind vanaf 26 tot 29 Augustus plaas.
Spelers kan op Woensdag en Donderdag die IPS-kompetisie speel en die koste beloop R120 per dag.
Op Vrydag gaan deelnemers ’n beterbal speel en die koste hiervoor beloop R150.
Op Saterdag is daar weer ’n IPS teen R150.
Daar is ook ’n vierdag pakket teen R400 beskikbaar.
Die Tarentaaltoernooi se vroueoggend vind op Woensdag, 26 Augustus plaas en vroue word genooi om dit te ondersteun.
Bethal Superspar en Tops is die borge.
Inskrywingslyste is al beskikbaar en spelers moet so gou as moontlik bespreek om teleurstelling te voorkom.
Skakel Melanie Jansen van Noordwyk by 082 449 0985 of Gerrie Jordaan by 072 183 2410.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



