Lopies word vinnig aangeteken
Omor Rodriques was die beste kolwer asook die speler van die wedstryd.
BETHAL – Hoërskool Hoogenhout se eerste krieketspan het op Saterdag, 15 Augustus teen Middelburg in die Superliga kragte gemeet en met 27 lopies verloor.
Middelburg het 223 lopies vir 7 paaltjies na hul toegelate 50 boulbeurte aangeteken en het vir Hoogenhout uitgehaal vir 196 lopies in 46 beurte.
Die beste boulers was Ashley Methula met 18 lopies vir 4 paaltjies in 10 beurte.
Lungelo Mtshali (55 lopies van 49 balle) en Hendrik Susan (38 lopies van 56 balle) was Hoogies se beste kolwers.
Die tweede krieketspan het teen Volksrust gespeel en die derde krieketspan teen Oosterland.
Die tweedes het met 7 paaltjies gewen.
Armand Reyneke en Jan Hendrik was die beste boulers terwyl Braam Korf en Armand Reyneke die beste kolwers was.
Die derde span het Hoërskool Oosterland met 40 lopies geklop.
Jean Vos was die beste bouler.
Omor Rodriques was die beste kolwer asook die speler van die wedstryd.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



