Met ’n riller van ’n eindstryd wat in die Standerton Krieketklub se Besigheidsliga verwag word, sal die Young Guns teen verlede jaar se kampioen, die Pick n Pay Vipers, te staan kom.
Eersgenoemde het Northmec verlede Saterdag met vier lopies geklop.
Die eindstryd sal op Sondag om 2nm plaasvind.
“Krieket is ’n snaakse sport met albei spanne wat ’n goeie kans staan om te wen,” het Theunis Barnard, klubvoorsitter en kaptein van die Vipers, gesê.
“Krieket sal egter beslis seëvier”.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



