Geraldine het groot netbaldrome
As sy nie netbal speel nie, blaas sy wedstryde en rig kinders af.
BETHAL – Geraldine van Tonder se droom is om vir die Proteas Netbalspan te speel en sy is nie ver van dit af nie.
Sy was in 2014 die onderkaptein van die Gert Sibande Netbalspan tydens die Suid- Afrikaanse Nasionale Netbalkampioenskap.
Die kampioenskap is in Kaapstad gehou en die span het ’n vierde plek behaal uit 18 streke.
“Dit was een van daardie byeenkomste waar ’n mens gevoel het asof jy by die Olimpiese Spele is,” het sy gesê.
Volgens haar was dit ’n belewenis en het sy elke oomblik geniet.
Geraldine was ses jaar oud toe sy vir die eerste keer netbal gespeel het en was toe die beste 0/13-speler van Laerskool Secunda.
Sy het haar hoërskoolloopbaan by Oosterland voltooi en daar vanaf Gr.11 in die eerste netbalspan gespeel.
In 2009 was sy die eerstespan se kaptein en het sy provinsiaal A2 behaal.
Sy het vir drie jaar lank vir die Pumas gespeel en goed presteer.
Geraldine neem ook al vir vyf jaar aan aksienetbal deel en speel vir die Firebirds-span.
Vir haar is dit die lekkerste sport omdat dit ‘n vinnige spel is.
Tydens verlede jaar se aksienetballiga, was sy twee keer na mekaar as die beste vrouespeler aangewys.
“Die aksienetballiga begin vanjaar aan die einde van Augustus.”
Geraldine speel verdediger en wil geen ander posisie speel nie.
“Al wat ’n wedstryd somtyds moeilik maak, is as die doele goed is en met vinnige voete speel.”
As sy nie netbal speel nie, blaas sy wedstryde en rig kinders af.
Sy het haar vanjaar as ’n Suid-Afrikaanse skeidsregter gekwalifiseer en kan nou by laerskool en hoërskool-netbalwedstyrd blaas.
Sy het tydens die Rhino-netbalweek vir die 0/15B1-span geblaas en is daar gekies vir die SA’s.
By aksienetbal het sy al ’n gradering B en blaas al vir twee jaar.
Sy beskryf netbal as ’n hardwerkende sport en dit is belangrik om fiks te wees.
“Dit gaan alles oor spanwerk en selfvertroue.
“Netbal is ’n ontspannende sport en die beste uitlatings metode vir jou emosies.”
Verder het sy gesê dat netbal nie vir sissies is nie.
Haar raad vir jong spelers is om uit en uit ’n passie vir die sport te hê en jouself die heeltyd te verbeter.
Lindie Lombard van die Proteas-span inspireer Geraldine in netbal omdat sy altyd oopkop oor alles dink en alle posisies kan speel en steeds soos die uitblinker lyk.
Geraldine is op 29 November 2014 met haar man, Corné, getroud.
“Dit was regtig ’n liefdevolle troue met ’n sprokiesatmosfeer.
“Ek het met my beste vriend getrou.”
In haar vryetyd help sy haar man vleis bewerk op hul plaas of hulle hou piekniek.
Volgens haar hou hulle daarvan om besig te bly en die natuur te verken.
Sy is tans ’n grondslagonderwyser by Laerskool Marietjie van Niekerk op Bethal en het sy gesê dat sy dit baie geniet om met kinders te werk.
Haar ouers is haar inspirasie omdat hulle atyd daar is, opreg is lojaal is en haar baie van liefde leer.
Geraldine se toekomsplanne behels om ’n kind te hê en om ’n rolmodel vir ander te wees.
“As dit nie vir God was nie, het dinge nooit uitgewerk soos dit moes nie,” is haar lewensmotto.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590






