Local sportSport

Willie en Melanie as kampioene gekroon

“Dankie aan al ons borge.”

BETHAL – Willie Meyer en Melanie Jansen van Noordwyk is Saterdag gekroon as Bethal Gholfklub se Tarentaal Gholftoernooi kampioene.

Meyer se beste twee tellings was 86 en Jansen van Noordwyk s’n 72 was.

Altesaam 360 spelers was vanaf Woensdag tot Saterdag in die toernooi in aksie.

Woensdag se kompetisie is deur Bradwin Clarke gewen (45 punte), terwyl Dumisani Nzimande tweede was (45).

Wernel Nel het die prys ontvang vir die naaste aan die pen, terwyl MG Snyman die langste dryf geslaan het.

Thysie Swart het die beste gross van die dag gespeel met 70.

Pin Findley met 43 punte het die vroue-afdeling gewen, terwyl Susan van Rooyen (40) tweede was en Annemarie Raath derde met 39.

Elandi Klopper het die prys ontvang vir die naaste aan die pen.

Frikkie Lombard het Donderdag se kompetisie gewen deur 46 punte aan te teken.

Nico van Vuuren was tweede en Willem du Plooy derde.

Bheki Nkosi het die beste gross gespeel met 68 houe.

Gert van der Merwe was die naaste aan die pen en Bradwin Clarke het die langste dryf geslaan.

Johan Wannenburg en Willie Meyer (52) het Vrydag se beterbal-kompetisie gewen.

Danie Malan en Nico Scheepers was tweede met 48 punte, en FC Sibeko en Bheki Nkosi derde met 48 punte.

Kyle Brophy en VW Shabangu was die naaste aan die pen.

Nicolas Mahlangu was die wenner Saterdag, met Bheki Nkosi tweede en Kotie Koen derde.

Wilma van Vuuren was die naaste aan die pen op die 2de en 11de putjies, terwyl Bheki Nkosi die naaste aan die pen op die 6de en 15de putjies was.

Kyle Brophy het die prys vir die langste dryf op die 7de putjie gespeel.

Gert van der Merwe met 65 het die beste gross gespeel.

Die bestuur van Bethal Gholfklub het hul dank uitgespreek teenoor al die borge wat die toernooi moontlik gemaak het.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button