SECUNDA – Armdrukkers het op Saterdag, 5 September mekaar die stryd aangesê.
Ryno Oosthuizen en Francois Bezuidenhout het ‘n armdrukkompetisie gereël om geld in te samel vir die kampioenskap wat in Malaysia gehou gaan word.
Hul het albei vir dié kampioenskap gekwalifiseer.
Ten spyte van die reën, het armdrukkers by die Waterfront bymekaar gekom om te kyk wie nommer een sal wees.
Daar was ‘n onder 90kg-afdeling waarin Jaco Theron eerste geëindig het.
Ryan Foultan was tweede en Francois Van der Merwe derde.
Nog ‘n afdeling was vir deelnemers 90kg en swaarder.
Danie Stroebel is nommer een in dié afdeling en Giles Ford tweede.
Francois Bezuidenhout het ‘n derde plek behaal.
Die Super-Kragmeting het beteken dat indien ‘n armdrukker ‘n sekere rang beklee, hy uitgedaag kan word vir sy rang.
Wanneer die armdrukker wat uitgedaag is verloor, verloor hy dus sy rang en die wenner beklee dan daardie rang.
Danie Stroebel het vir Ryno Witblits Oosthuizen in ‘n Super-Kragmeting uitgedaag.
Ryno het dié Super-Kragmeting gewen en is tans vierde in die ope-afdeling in Suid-Afrika.
Skakel Ryno by 071 370 0355

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



