Local sportSport

Spelers hard aan die oefen

Dit is die begin van die nuwe ligaseisoen en die spelers is reeds hard aan die oefen.

BETHAL – Build-It Broncos van Bethal se eerste rugbyspan het die Hurricanes van Witbank met 96-16 geklop in die rugbyliga se eerste wedstryd.

William Lee en JZ de Jager was die spelers van die wedstryd.

Die tweedespan het met Tomahawks van Ermelo kragte gemeet en met 46-32 verloor.

FC Labushagne en Dewald Stander is as spelers van die wedstryd aangewys.

Build-It het rugbytruie vir albei Broncos se spanne geborg.

Build-it Broncos het ook die voormalige Rhino-speler, Tjaart van der Walt, asook Gerald Gendall by die klub verwelkom.

Van der Walt is deel van die bestuur en gaan ook met wedstrydvoorbereidings help.

Die spanne oefen elke Dinsdag en Donderdagaand vanaf 6.15nm tot 8nm.

Skakel Jannie Burger by 072 547 2342.

Build-It is die hoofborg vir Broncos rugbyspanne.
Build-It is die hoofborg vir Broncos rugbyspanne.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button