BETHAL – Fransois Berry en Luan Labuschagne het die geborgde gholfdag by Bethal Gholfklub op Saterdag, 5 Desember gewen.
Hulle het 47 punte aangeteken.
Die gholfdag is gehou ten bate van Frikkie van der Merwe van Bethal wat ses maande gelede in ’n ernstige motorongeluk was.
Hy is steeds in die intensiewe sorgeenheid van die Milpark Hospitaal in Johannesburg nadat hy ernstige hoof- en gesigbeserings opgedoen het.
Die res van die uitslae is soos volg: Gé Stander en Ken Colin was tweede met 46 punte, terwyl Nico van Vuuren en Wilma van Vuuren derde was met 45 punte.
Sybrand Botha en Spies Fourie het die vierde plek verower met 43 punte, met Willie Meyer en Pieter van der Linde vyfde met 42 punte.
Willie Strydom en Gert van der Merwe het die sesde plek behaal deur 41 aan te teken, terwyl Bertus Nortier en Reinard Botha sewende was met 39 punte.
Spies Fourie het die pryse vir die naaste aan die pen op die 2de en 11de putjies, asook die 6de en 15de putjies gewen.
Bertus Nortier het die langste dryf op die 9de en 18de putjies geslaan.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 590c76a8
WhatsApp – 0793644185







