Fotogalery – EDPC hou gesellige prysuitdeling
John Whatley het pryse ontvang in die kategorieë, Mees Toegewyde Klublid, Ambassadeur van die Jaar, Beste Skut SSP/EX-klas, Beste Junior Skut asook beste Manskut.

Die Ermelo Defensive Pistol Club (EDPC) het verlede Donderdag hul jaarlikse prysuitdeling en afsluitingsgeleentheid in die Ermelo Inn gehou.
Die klub se uitblinkers en staatmakers is tydens dié geleentheid vir hul prestasies en ondersteuning beloon en die presteerders het talle trofeë en sertifikate ontvang.
John Whatley wat tot onlangs as junior deelgeneem het, was EDPC se algehele top-presteerder en het met vyf eerste plekke weggestap.
John het pryse ontvang in die kategorieë vir Mees Toegewyde Klublid, Ambassadeur van die Jaar, Beste Skut SSP/EX-klas, Beste Junior Skut asook beste Manskut.
Jaco Moolman is as Skut van die Jaar aangewys en was ook die beste skut in die SSP/SS-klas.
Die volgende skuts het ook pryse ontvang:
Charles Robberts – Beste Sportmangees en Beste Skut ESP/NO-klas; Loekie Jansen van Rensburg – Beste Vordering; Johnny dos Reis – Mees Entoesiastiese Skut en Beste Skut SSP/MM-klas; Vivian Whatley – Mees toegewyde Klublid van die Jaar; Bruce Theron – SO van die Jaar; Christelle Whatley – Spade-trofee vir gasvryheid en Beste Skut CDP/NO-klas; Marna Randell – eeste plek vroue ESP/NO-klas; Cecilia Beukes – Eerste plek ESP/MM-klas en Beste VroueSkut; Cheryl Geldenhuys – eerste plek SSP/NO-klas; Fred Bosch – Beste Skut ESP/MM-klas en Beste Skut REV/MM-klas; Sarel Marais – Beste Skut ESP/SS-klas; Gernus Jansen van Rensburg – Beste Skut SSP/NO-klas; Piet Randell – Beste Skut CDP/NO-klas; John Smith – Beste Skut CDP/MM-klas en Christo Botha – Beste Skut CCP/MM-klas.
Gert Jansen van Rensburg het ook ‘n toekenning ontvang as voorsitter en klein GP Jansen van Rensburg het ‘n spesiale trofee ontvang as Brass Picker van die Jaar (doppies optel).
Die geselligheid is met ‘n heerlike buffet-ete afgesluit .













