Local sportSport

Ruiters tem die baan

Bethal Polo Cross-klub het weer ’n suksesvolle boeresportdag aangebied.

BETHAL – Bethal Polo Cross-klub het op 1 Januarie ’n boeresport- en gesinsdag by die klub aangebied.

Perdeliefhebbers, boere van sover as Standerton, Charles Cilliers, Ermelo en Bethal en inwoners het aan die pret deelgeneem.

’n Vinnige reënbui het nie dié dag se reëlings in die wiele gery nie, maar het eerder meeste van die boere se harte van blydskap laat juig.

Oud en jonk het saam tougetrek, sakresies gehou, gholfballe na ’n teiken geslaan en lekkergoed uit meel met hul monde gehaal.

Dié dag het vir groot glimlagte gesorg en perderuiters kon behoorlik met hul perdryvernuf spog.

Ruiters het aan verskillende items, soos vlegresies, dromresies, grasplaat, drafresies, aflosresies, nuwejaarsplaat en wennersplaat, deelgeneem.

Een van die items wat vir baie pret gesorg het, was die skoenresies waartydens elke ruiter albei sy skoene uittrek.

Dié skoene is dan ’n paar meter verder deurmekaar in ’n ry gepak.

Die ruiters moes sonder skoene langs hul perde tot by die skoene hardloop.

Die ruiter wat eerste albei skoene gevind en aangetrek het, kon op die perd klim en so vinnig moontlik na die beginpunt terugjaag.

“Dié dag is ’n jaarlikse instelling en gee gesinne en vriende die geleentheid om weer bymekaar te kom, lekker te kuier en pret te hê.

“Ons gee ook die geleentheid vir perdeliefhebbers en ruiters om op ander vlakke deel te neem,” het mnr. Gert van der Merwe, voorsitter van dié klub, gesê.

Indien jy by die klub wil betrokke raak, stuur ’n epos na mnr. Van der Merwe by geramri@secunda.co.za of elrivdm@gmail.com.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM –  590c76a8

WhatsApp – 0793644185

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button