Local sportSport

Sasol Stoeiklub berei vroeg voor

Jou kind kan al van die ouderdom van vyf begin stoei.

SECUNDA – Sasol Stoeiklub begin weer Maandag, 11 Januarie met hul jaarlikse stoei-oefeninge.

Alle oud en voornemende stoeiers, asook afrigters en skeidsregters word genooi om by die stoeiklub aan te sluit.

Seuns en dogters vanaf die ouderdom van vyf jaar is welkom.

Oefeninge vind elke Maandag- en Woensdagaand vanaf 6nm tot 8nm in die hoofsportsaal agter die tennisbane van die Sasol ontspanningsklub plaas.

Sasol Stoeiklub het baie goed gevaar in 2015.

Hier is slegs ’n paar van die toekennings wat die klub en stoeiers ontvang het:

* Brandon Rokebrand ontvang ’n skild met ’n bronsmedalje as skeidsregter.

* Nita Schreuder ontvang ’n skild met ’n bronsmedalje as administratiewe beampte – loting.

* Denise Mohr ontvang ’n skild met ’n bronsmedalje as spanbestuurder.

* Nico van den Berg ontvang ’n silwermedalje as afrigter, asook ’n skild en ’n brons- en silwermedalje as skeidsregter, asook ’n toekenning vir internasionale deelname in 2015.

* Henco Coetzee, Ethan Mohr, Divan Smit en Zandre Smit het ’n skild met ’n Pumatjie T-hemp vir die voltooiing van hul 10de Pumatjie-toernooi ontvang.

Individuele wisseltrofees is ook deur Sasolstoeiklub se stoeiers ingeryg.

* Jordan Webb ontvang die wisseltrofee vir die beste deelname in die LTPD-afdeling vir 0/9-jaar-stoeiers.

* Ernest Schreuder ontvang die Retief van Rooyen-wisseltrofee vir die senior stoeier met die beste prestasie.

* Albert Swanepoel ontvang die MSV-wisseltrofee vir die beste Grieks-Romeinse Predisentstoeier.

* Nico van den Berg het deur die loop van die jaar met elke byeenkoms bewys waarom hy een van die beste stoeiers is en het die volgende wisseltrofees ontvang:

– Die Kosmos-wisseltrofee vir die kadetstoeier met die beste prestasie.

– Die Fanie du Toit-wisseltrofee vir die juniorstoeier met die beste prestasie.

– Die Lottering-wisseltrofee vir die mees wetenskaplike kadetstoeier.

– Die Suid-Oos Transvaal-wisseltrofee vir die mees wetenskaplike juniorstoeier.

– Die Huge Williams-wisseltrofee vir die Presidentstoeier van die Jaar in die vrystylafdeling.

– Die Coen Breytenbach-wisseltrofee vir die meeste kere agtereenvolgend Suid-Afrikaanse kampioen in die vrystylafdeling (ses jaar agtereenvolgend in die ouderdomsafdeling).

– Die Colin R Gill-wisseltrofee vir die mees gesamentlike prestasies op alle Suid-Afrikaanse kampioenskappe (vier eerste plekke; een tweede plek en een derde plek).

– Die Van der Walt-wisseltrofee vir die stoeier wat die meeste kere agtereenvolgens die Suid-Afrikaanse kampioen in die Grieks-Romeinse afdeling is (vyf jaar).

– Die Lottering-wisseltrofee vir die Vlak 2-afrigter met die hoogste punte.Nico het ook ’n Presidentstoekenning vir internasionale deelname en as ambassadeur vir stoei ontvang.

Van die 11 klubwisseltrofees, het Sasol Stoeiklub die volgende ontvang: die Piet Britz-wisseltrofee vir die kadet- en juniorliga, die Unicor-wisseltrofee vir die Presidentsliga, die Dressers Floating-trofee vir die algehele liga, die Piet Kruger-wisseltrofee vir die klub met die meeste punte by die Mpumalanga-kampioenskappe, die Buckman-wisseltrofee vir die klub met die meeste Mpumalanga-kampioene vir die jaar en die A & D Engineering-wisseltrofee vir die klub wat die beste mediadekking aan stoei in 2015 gegee het.

Ernest Schreuder as stoeier en Leticia Swanepoel as spanbestuurder ontvang sertifikate vir volle provinsiale kleure verwerf in 2015.

Die president van Sasol Stoeiklub, mnr. Johan van den Berg, het gesê: “Ek is baie trots op al die lede van Sasol Stoeiklub wat individuele toekennings ontvang het, asook al die lede wat bydraes gelewer het sodat ons die groepwisseltrofees kon verower.

“Baie geluk aan Nico van den Berg wat ’n Presidentstoekenning ontvang het.

“Ek is trots op Sasol Stoeiklub se lede en sê dat hulle skouer aan die wiel sal moet sit om in 2016 net so goed, indien nie beter nie, te kan presteer.

“Ek dank ook die Here wat aan ons almal die vermoë gegee het om in die sport waarvoor ons almal so lief is, uit te blink.”

Vir meer inligting, skakel Johan van den Berg by 0823229893 of Lollie van den Berg by 0823437800.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM –  590c76a8

WhatsApp – 0793644185

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button