Vroue oefen reeds
Sasol Secunda Tennisklub se spelers neem jaarliks aan verskeie ligawedstryde deel en vaar goed.
SECUNDA – Vroue van die Sasol Secunda Tennisklub het op Dinsdag, 5 Desember tennis geoefen ter voorbereiding vir die nuwe jaar.
Die klub kom weekliks op Dinsdae, Vrydae en Saterdae bymekaar om sosiale tennis te speel.
Volgens me. Esme Visser, sekretaris, kan mense by die klub aansluit teen R500 per gesin per jaar.
“Nadat gesinne aangesluit het, ontvang hulle ’n sleutel vir die klubhuis waar hulle enige tyd toegang tot die bane het,” het me. Visser gesê.
Die klub se spelers neem jaarliks aan verskeie ligawedstryde deel en vaar goed.
Op Dinsdae en Vrydae kom die spelers vanaf 8vm tot 10vm bymekaar en op Saterdae om 2nm.
Vir meer inligting, skakel me. Visser by 083 692 2859 of stuur ’n epos na esme.d.visser@gmail.com.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 590c76a8
WhatsApp – 0793644185







