Local sportSport

Hengelaars aan die baljaar

Altesaam 40 hengelaars, waarvan vyf besoekers was, het 640 visse, met 'n totale gewig van 329,057kg, gevang.

Meyerville Hengelklub het vanaf 8 tot 9 Januarie ‘n kompetisie by die klubwater gehou.

‘n Nat naweek, wat met reën begin het, het met baie visse geëindig.

Altesaam 40 hengelaars, waarvan vyf besoekers was, het 640 visse, met ‘n totale gewig van 329,057kg, gevang.

Gerhard Lues het die seniorafdeling gewen met 104 visse wat 39,421kg geweeg het, Jurie Moolman was tweede met 66 visse met ‘n gewig van

29,319kg en Rudie Barnard het derde geëndig met 57 visse wat 25,26kg geweeg het.

Koos van Rensburg het die vis vir die dag, ‘n karp van 3,9kg, vasgekap.

Piet van der Merwe het die meestersafdeling beklink met 56 visse met ‘n gewig van 24,71kg, Pikkie Petzer was tweede met 32 visse met ‘n gewig van 19,436kg en Hennie Muller het die derde plek behaal met 28 visse wat 15,834kg geweeg het.

Pikkie Petzer het die vis vir die dag, ‘n karp van 3,310kg, aan wal gebring.

Marianne Erasmus het in die vroue-afdeling geseëvier met 22 visse met ‘n gewig van 15,057kg, Solene du Preez was tweede met 13 visse met ‘n gewig van 17,984kg en sy het die vis vir die dag, ‘n karp van 3,054kg, gevang.

Lettie Strijdom was derde met 11 visse met ‘n gewig van 4,383kg.

Damion Brink, ‘n besoeker, het die jun

iorafdeling gewen met 30 visse wat 13,709kg geweeg het en hy het die vis vir die dag, ‘n karp van 3,004kg, aan wal gebring.

Lourens van Vuuren was tweede met 12 visse met ‘n gewig van 5,429kg en Bianca Nortje derde met ses visse wat 3,117kg geweeg het. Die volgende kompetisie is weer ‘n naweekkompetisie wat op 12 en 13 Februarie plaasvind.

Die plek sal nog bekendgemaak word.

Die klub het Jaco Eksteen bedank wat die eersteplek pryse geborg het.

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button