Local sportSport

Johandé leef vir hengel

Sy pa het hom aan hengel bekend gestel.

SECUNDA – Johandré Deacon hou van kindsbeen af van hengel en het nog groot hengeldrome.

Dié hengelaar van 15 jaar oud kap al visse vas sedert sewejarige ouderdom en sy eerste vis was ’n geelvintuna.

Vir hom is dit die lekkerste om teen die vis te veg om hom te vang.

Hy neem ook jaarliks aan baie kompetisies deel waar hy al groot pryse gewen het.

Hy het ’n tweede plek by die Richardsbaai Skiboot Bonanza behaal en sy span ’n tweede plek by die Junior Botton Development-kompetitisie.

Ander kompetisies waaraan hy al deelgeneem het, is die Shelly Beach Bonanza, All-Inland-Inter-Club en 21 Spesies Richardsbaaikompetisie.

Johandré het al verskeie klubrekords verbeter en is vir die afgelope drie jaar as junior hengelaar van die jaar van die Taratibo Skibootklub aangewys.

Volgens hom is die slegtste deel van sy stokperdjie, om die visse skoon te maak.

“Dinge wat hengel moeilik maak, is slegte weer omdat dit veroorsaak dat daar geen vars aas is nie.”

Hy het ook gesê dat mens moet weet waar die visse volop is.

Sy pa, mnr. Johan Deacon, het gesê dat die stokperdjie baie duur is.

“As die gogga eers gebyt het, dan byt hy goed en dit hou darem kinders uit die kwaad uit,” het hy gesê.

Johandré spog met provinsiale hengelklere en het in Desember saam met ander hengellaars 32 Dorado-visse gevang.

“Die stokperdjie vereis om soggens om 3.10vm op te staan omdat die visse dan byt.

Hy het gesê dat ’n hengelaar verskillende visse met verskillende kuns vang, soos lewendige aas, dooie aas en sardyn.

“Die lekkerste deel van dit alles is om gehalte tyd saam met my pa te bestee en hengel vat my kop van dinge af,” het Johandré gesê.

Sy rolmodel is sy pa omdat hy hom aan hengel bekend gestel het en omdat hy saam met hom iets kan deel.

“Ek moet ook hier noem dat ek baie dankbaar is vir Gert en Buks Krugell omdat hulle dit altyd die moeite werd maak.”

In sy vrye tyd verkoop hy bote en koop ook gereeld hengeltoerusting.

“Ek wil nog eendag ’n marlyn vang en my Springbokklere kry.”

Johandré is ’n leerling aan Hoërskool Secunda en neem ook graag aan rugby deel.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM –  590c76a8

WhatsApp – 0793644185

 

Johandré Deacon saam met die geelvintuna wat hy onlangs gevang het.
Johandré Deacon saam met die geelvintuna wat hy onlangs gevang het.
Johandré Deacon (15) saam met een van sy hengelvriende, Gert Krugell.
Johandré Deacon (15) saam met een van sy hengelvriende, Gert Krugell.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button