Rugbyklub op dreef
Volgens die president dra staande en nuwe borge by tot die sukses van die spanne.
Die Standerton DeKalb Rugbyklub het ’n nuwe komitee vir die 2016 seisoen gekies.
Die oefening het op 5 Januarie begin en die spelers is gereed om die nuwe seisoen aan te pak.
Daar was baie belangstelling van jong mans wat deel van die span wil wees.
Mnr. Jakes Coetzee is as president gekies en mnr. Ben Vorster is die nuwe voorsitter.
Mnre. Hendrik Coetzee en Dewald Nortjé is die hoofafrigters en mnr. Benna Groenwald ook ’n afrigter, terwyl mnre. Duncan Joubert die tesourier, Johan Ver Burgh die sekretaris en Tielie Crawford die klubkaptein is.
Die addisionele lede is me. Susan Vorster, me. Chantall Coetzee, me. Annetjie Ver Burgh, me. Melanie van Vuren en me. Lizane du Plessis.
Volgens die president dra staande en nuwe borge by tot die sukses van die spanne.
Die borge vir die klub is DeKalb, Safety & Control Valves en Eastvaal Motors Standerton.
Mnr. Jakes Coetzee is opgewonde oor die nuwe seisoen en is van mening dat die span gereed vir alle uitdagings sal wees.
’n Moontlike vriendskaplike wedstryd word vir 23 Januarie beplan.
Die klub beoog om die eerste “Sevens”-toernooi op 13 Februarie by Ferro’s Rugbyklub in eMalahleni (Witbank) by te woon.
Die oefentye is Dinsdae en Donderdae om 6.30nm by Vaalrivierskool en almal wat nog wil aansluit, is welkom om by die oefening op te daag.
Ondernemings of individue wat betrokke wil raak, kan mnr. Ben Vorster by 083 650 3465 skakel.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805




