Reën knou nie hengelaars
Volgend mnr. Dewald te Water (organiseerder) is meer as R140 000 ingesamel.
BETHAL – Die jaarlikse Boltons Hengelprojek het vanjaar die grootste opkoms nog gehad.
Meer as 300 hengelaars het die projek verlede naweek ondersteun en die reën kon hulle nie weggehou nie.
Die algehele manswenner is Jaco Roos met 5.36kg en die algehele vrouewenner is Elizma Swanepoel met 3.74kg.
Wihan Swanepoel met 3.1kg was die wenner onder die seuns se juniorafdeling en Niane Jackson met 3.46kg die wenner onder die dogters.
Volgens die organiseerder, mnr. Dewald te Water, het hulle meer as R140 000 ingesamel.
Dié geld gaan aan die plaaslike tehuise, die Bethal Sopkombuis en aan die opheffing van die gemeenskap bestee word.
Mnr. Te Water het ook aan die Rigde Times gesê dat sy dam slegs een keer ’n jaar vir die publiek oop is en dit is slegs tydens die Boltons Hengelprojek.






