Local sportSport

Annetjie kry provinsiale kleure

“Ek wou altyd my provinsie verteenwoordig sedert die eerste dag dat ek begin speel het,” het sy gesê.

Annetjie de Bruto van Standerton het onlangs provinsiale kleure in rolbal gekry.

Sy sal die Mpumalanga-span in April by die nasionale kompetisie in Port Elizabeth verteenwoordig.

Volgens haar het die rolbalgogga sewe jaar gelede gebyt en kon sy nooit droom om dié sonderlinge prestasie te behaal nie.

“Ek wou altyd my provinsie verteenwoordig sedert die eerste dag dat ek begin speel het,” het me. De Bruto gesê.

Dié doelwit was ondanks die verkryging van haar Hoëveld-kleure.

Me. De Bruto is ’n lid van die Standerton Rolbalklub en die eerste vrouespeler wat die eer te beurt geval het.

“Ek het nooit gedink ek sou rolbal speel nie omdat ek dit as ’n oumansport beskou het,” het sy gesê.

Haar man, André, het lank voor haar aan dié sport deelgeneem en haar ma en skoonpa was ook betrokke by die sport.

Annetjie dink nie dat sy die nasionale span eendag sal verteenwoordig nie, maar sou dit wel gebeur, sal dit ’n voorreg wees.

Haar gesin moedig haar aan om harder te werk om wel so ’n geleentheid te kry.

Sy het op Standerton grootgeword en het ook plaaslik haar skoolloopbaan voltooi.

Annetjie is reeds etlike jare werksaam in die veediefstaleenheid van die polisie.

Sy blink ook uit op klubvlak en het by die onlangse kompetisie die enkelspelafdeling gewen.

“Rolbal is ’n goeie sport en meer mense, veral jong mense, kan gerus deelneem,” het sy ook gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button