Die Corrie Nortjé Kurperkompetisie sal op 6 Februarie by Forever Resorts Loskopdam gehou word.
Dit sal die 20ste kompetisie ten bate van kanker wees.
Die doel hiervan is ter nagedagtenis aan Corrie Nortjé wat ’n stryd teen kanker verloor het.
Vriende van hom het besluit om die hengeldae te begin om geld in te samel.
Die inskrywings beloop R200 per persoon.
Diegene wat gaan oorbly, sal tot en met 20% afslag op verblyf kry as die inskrywingskaartjie getoon word.
Die eerste prys is R30 000, tweede prys R10 000 en derde prys R5 000.
Ander pryse wat op die spel is, is vakansies en verskeie klein pryse en gelukkige trekkings.
Alle inskrywingsgeld gaan vir kankernavorsing.
Vir meer inligting skakel Uys Meiring by 083 450 8940.



