Sport

Kom hengel saam

Die doel van die kompetisie is om geld vir die bou van ’n nuwe kerksaal in te samel.

Die Evangelies-Gereformeerde Kerk bied op 20 Februarie ’n ope-oewerhengelkompetisie by Grootdraaidam aan.

Die doel van die kompetisie is om geld in te samel om ’n nuwe kerksaal te bou.

Die kompetisie begin om 6vm en sal tot 3nm aanhou.

Die hekke sal vanaf 5vm oop wees.

Tussen 3nm en 4nm is die inweeg en groot pryse is op die spel.

Die manne wat die grootste karp, baber, en modderbek uitkatrol, kry elk R1 000.

Die hengelaar wat die vis naaste aan 100g uittrek, ontvang R500.

Inskrywingsgeld beloop R100 per hengelaar en familielede kry gratis toegang.

Meer pryse sal na die kompetisie uitgedeel word.

Vir meer inligting skakel mnre. Jan Gleeson by 083 292 1098, Jan du Raan by 072 286 1115 of Daan Grobler by 082 490 3756.

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button