Die S.A. Jagtersvereninging se Kosmostak het op 13 Februarie ’n skietdag by die Evert Genis-skietbaan gehad.
’n Totaal van 107 skuts het deelgeneem.
• In die jakkalsteiken het Drian Podges die mansafdeling met 140/150 punte beklink.
Jako Steenkamp was tweede met 120,1/150 punte en Evert Genis derde met 120/150 punte.
Celeste Bailey het die vroue-afdeling met 100/150 punte gewen.
Sanet Schoeman was tweede met 95/150 punte en Rina Booysen derde met 90,2/150 punte.
Xander Bailey het in die juniorafdeling met 80/150 punte geseëvier, terwyl Corrie Visagie tweede was met 40/150 punte.
Juanita Visagie het in derde plek met 40/150 punte geëindig.
• Die jakkals spoedskiet met semi-outomatiese wapens was bietjie moeiliker as die ander teikens.
Jaco Prinsloo het met 240/300 punte die mansafdeling gewen.
Callie Duminy het tweede plek met 210/300 punte behaal en Riaan Booysen was derde met 160,3/300 punte.
Natasha Verster het in die vroue-afdeling met 20/300 punte geseëvier.
Karen van der Linde was tweede met -5/300 punte en Celeste Bailey derde met -20/300 punte.
Claire Ritchie het gewys waarvan sy gemaak is toe sy die juniorafdeling met 105/300 punte beklink het.
Alwyn Scholtz het in die tweede plek met 15/300 punte geëindig, terwyl Taylor Ritchie derde was met -50/300 punte.

• In die rooibokteiken het Jako Steenkamp die mansafdeling met 43,4/45 punte gewen.
Evert Genis het die tweede plek met 43,1/45 behaal en Drian Podges was derde met 41,4/45 punte.
Sanet Schoeman het die vroue-afdeling met 37,1/45 punte verower.
Helen Ellis het die tweede plek met 34,2/45 punte behaal en Laurenza Visagie was kort op haar hakke met 32,1/45 punte.
Xander Bailey het die juniorafdeling met 42,3/45 punte gewen.
Juanita Visagie het die tweede plek met 38,2/45 punte behaal en kleinsus, Karina Visagie, was ’n sterk teenstaander met 36/45.
• In die rooibokteiken sonder rus het Drian Podges die mansafdeling met 44,2/45 punte beklink.
Riaan Booysen was tweede met 42/45 punte.
Jako Steenkamp en Christo Bailey het die derde plek met 40,2/45 punte gedeel.
Laurenza Visagie het die vroue-afdeling met 29/45 punte gewen, gevolg deur Helen Ellis met 24,2/45 punte en Sanet Schoeman met 15/45 punte.
Xander Bailey het in die juniorafdeling met 27/45 punte geseëvier, gevolg deur Reinhard Steyn met 22,1/45 punte en Armand Steyn met 13/45 punte.
• By pistool posliga het Chris Naudé die mansafdeling met 169/200 punte gewen.
Jaco Booysen was tweede met 158/200 punte en Michael Podges derde met 158/200 punte.
Helen Ellis het die vroue-afdeling met 125/200 punte verower, gevolg deur Daleen Podges met 124/200 punte en Welma Steyn met 95/200 punte.
Reinhard Steyn het die juniorafdeling met 121/200 punte beklink, gevolg deur Xander Bailey met 61/200 punte en Armand Steyn was derde met 55/200 punte.
• By die .22 randslag het Chris Naudé die mansafdeling met 186,4/200 punte gewen.
Drian Pdges was tweede met 182,9/200 punte en Christo Bailey derde met 180,4/200 punte.
Daleen Podges het in die vroue-afdeling met 164,2/200 punte geseëvier, gevolg deur Celeste Bailey met 130,3/200 punte en Rina Booysen met 128,2/200 punte.
Xander Bailey het die juniorafdeling met 147,2/200 punte beklink, gevolg deur Chanté Podges met 113/200 punte en Reinhard Steyn met 103,200 punte.
Die skuts het die dag met ’n braai afgesluit.
Die volgende skietdag sal op 12 Maart by die Evert Genis-skietbaan plaasvind.
Om al die foto’s te sien – klik HIER




