Jakes Coetzee en Dewald Nortjé was op 14 Maart die wenners van die veerpyltjiekompetisie by die Rooi Velskoen.
Hulle het die 301-kompetisie gewen, waar spelers ’n muntstuk opskiet of ’n pyltjie naaste aan die kol gooi om te bepaal wie eerste begin.
Elke span kry die geleentheid om drie pyltjies in ’n beurt te gooi, maar moet ’n dubbel gooi om amptelik punte aan te teken.
’n Dubbel is ook noodsaaklik om die spel te beklink.
Spelers hou die telbord dop na die eerste dubbel en punte word van 301 afgetrek.
Coetzee en Nortjé het ook in die 501-kompetisie koning gekraai.
Volgens die reëls van die spel begin elke speler met 501 punte en die aantal punte wat aangeteken word, word afgetrek.
Die wenner is die speler wat 0 punte bereik en ’n dubbel moet ook aangeteken word om die vereiste 0 te bereik.
Dewald Nortjé het in die enkelspelafdeling geseëvier.
Die wenners het die registrasiegeld van deelnemers, asook ’n prys, ontvang.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 5bf99755
WhatsApp – 0731082205



