Jako sit gholfstok neer en tel wapen op
Skietery is ’n duur sport en daar is maandeliks kompetisies wat hy baie meer geniet as om te jag, want dit “jaag my adrenalien op.”
Van kleins af koester Jako Steenkamp reeds ’n diep liefde vir skiet en besluit in 2010 om sy golfstokke neer te lê en die geweer op te neem.
Hy is in Witbank op 6 Maart 1979 gebore en verhuis saam met sy ouers, Mnr. Lourens en Ansie Steenkamp na Standerton toe hy 6 jaar oud was.
Sy laerskoolloopbaan het hy aan Laerskool Jeugkrag voltooi en het op Standerton Hoërskool matrikuleer.
Hy het daarna geen tyd gemors nie en dadelik by Richie Auto begin werk waar hy tans nog in diens is.
Op laerskool en hoërskool het Jaco daagliks gholf gespeel en in 1998 is hy by die eertsespan ingesluit wat met die titel Mpumalanga wenners wegstap.
Die skietgogga het hom egter in 2010 gebyt en hy het saam met die manne van die Suid Afrikaanse Jagtersvereniging begin skiet.
Jaco word in 2014 as Jagter van die Jaar (Kosmostak) aangewys en wen onlangs die trofee vir die Veelsydigste Skut van die Jaar (Kosmostak).
Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser se laaste uitgawe van die jaar.



