Local sportSport

Gemengde vegkunsklub oop vir die gemeenskap

Klub bied mense die kans om te leer om hulself te verdedig, fiks te word en selfs gemengde vegkuns as ’n professie te beoefen.

SECUNDA – Cedric (The Dominator) Doyle het verlede jaar aan ’n gemenge vegkunskampioenskap in die Kaap deelgeneem waartydens hy teen die Muyu Tai-wêreldkampioen geveg het.

Hy het na die geveg aan hoofpyn, harsingskudding en geheueverlies gely.

Sy dokter het hom vir ’n skandering gestuur wat getoon het dat hy bloeding op die brein gehad het.

Cedric is twee dae later in die hospitaal opgeneem vir ’n noodbreinoperasie en mag vir ’n jaar aan geen gevegte deelneem nie.

Hy onthou die oggend voor dié geveg het hulle as gesin hande geneem en me. Linah Motshoeneng, hul huishulp, het gevra of sy mag bid.

“Sy het God vir ’n wonderwerk gevra. Haar gebed het my vir ’n oomblik laat wonder of sy in my vermoë as atleet getwyfel het,” het hy laggend vertel.

Na Cedric se besering het hy en ’n vriend, Jacques Alberts van Elite Defence Acadamy, besluit om ’n gemengde vegkunsklub te begin.

Dié klub bied mense die kans om te leer om hulself te verdedig, fiks te word en selfs gemengde vegkuns as ’n professie te beoefen.

The Ultimate Fight Club is reeds oop en bied Krav Maga, MMA, BJJ, asook Fit and Fun-lesse vir vroue aan.

Die vroue se lesse is ekslusief net vir hulle en help nie net met selfverdediging nie, maar ook met fiksheid.

“Ek is God ewig dankbaar dat hy dié droom vir ons laat waar word het.

“Sonder Sy hulp sou ons dit nie kon doen doen nie.

“Baie dankie aan elke borg wat ons ondersteun en in die gemeenskap se toekoms belê,” het Cedric gesê.

Besoek Ultimate Fight Club se Facebookblad.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button