Local sportSport

Sluit vanjaar by Bethal Polocrosse-klub aan

Bethal Polocrosse-klub het baie vinnig gegroei en vanjaar se program is weer propvol.

BETHAL – Bethal Polocrosse-klub het weer hul tradisionele boeresportdag op Maandag, 2 Januarie aangebied.

Dié dag word ter viering van die nuwe jaar gehou en om ’n prettige geleentheid vir die hele gesin te skep.

Braaivure wat brand en kinders se gelag saam met die perde se runnik, sorg vir ’n ontspannende dag.

Dié klub bied juis die dag aan sodat ruiters pret met hul perde kan hê, maar ook sodat die hele gesin weer aan tradisionele boeresport kan deelneem soos sak-, aartappel- en driebeenresies.

Bethal Polocrosse-klub se jaarprogram is reeds propvol.

Vir meer inligting oor dié program of die klub, skakel Gert van der Merwe by 082 653 0323.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button