Hengelaars kap 336 visse vas
Altesaam 44 hengelaars, waarvan drie besoekers, het 336 visse met 'n gewig van 193,657kg vasgekap.
Meyerville Hengelklub het op 21 Januarie ‘n klubkompetisie by die klubwater gehou.
Altesaam 44 hengelaars, waarvan drie besoekers, het 336 visse met ‘n gewig van 193,657kg vasgekap.
Piet van der Merwe het die meestersafdeling beklink met 26 visse van 10,61kg en die swaarste sak geelvis aan wal gebring naamlik ses geelvisse met gewig van 2,820kg.
Leon Holmer was tweede met 17 visse van 8,164kg en Pikkie Gleeson derde met 12 visse van 5kg.
Gerhard Lues het in die seniorafdeling geseƫvier met 30 visse van 13,2kg, gevolg deur Jurie Moolman met 31 visse van 12,170kg en Dirkie Erasmus met 22 visse van 14,35kg.
Lees die volledige verslag in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.




