SECUNDA – Die krieketseisoen vir 2017 gaan volstoom voort en Sasol 1 het Secunda se naam hooggehou die afgelope naweek.
Dié span het Saterdag, 21 Janaury kragte met eMbalenhle Krieketklub se eerstespan by Secunda Sasolklub gemeet.
Sasol 1 het die loot gewen en gekies om eerste te boul.
Sasol het eMba vir net 44 lopies uitgeboul.
Die eMba-kolwers het hard teruggeveg, maar die skrif was voor teetyd aan die muur.
Sasol se twee beste boulers was Vernon Fourie en Dewald Erasmus wat meer as een eMba-kolwer in die stof laat byt het.
Vernon het drie vir 15 in sewe boulbeurte behaal en Dewald vier vir 12 in 5.3 boulbeurte.
Sasol het eMba in die 11de boulbeurt uitgehaal en die wedstryd met agt paaltjies gewen.
Johan Visagie het deurgekolf en 22 lopies nie uit nie, aangeteken.
Sasol 1 speel die naweek teen Bethal by Hoërskool Hoogenhout en Sasol 2 speel teen Ermelo by die Secunda Sasolklub.





